Plasings

Wys tans plasings vanaf 2014

LAG IS LEKKER!!!!

Hulle sê lag en die wêreld lag saam met jou, huil en jy huil alleen. Dit is ‘n pot sn*&^. Sorry maar regtig. Dit is duidelik deur iemand utgedink wat nie in ons huidige lewe gewoon het nie. Dis is natuurlik wonderlik om daarna te kyk deur ‘n idialis se bril, maar kyk jy om jou rond sal jy baie vinnig opmerk dat die outjie wat die gesegte uitgedink het defnitief nie aan ons huidige mensdom  gekyk het nie. Die werklikheid is so eenvoudig soos val uit 'n boom : die hele wêreld sal eerder vir jou lag as jy huil en jou aankyk of jy mal is as jy lag. Jinne maak net die koerant oop of kyk nuus. Selfs beter bars uit van die lag êrens in die openbaar en jy sal kyke kry wat jou skoon van jou lag laat afsit. Ek natuurlik moet bieg ek “love” lag, lag uit volle bors, lag dat die trane oor my wange rol, lag dat my stem wegraak en my maag seer word en ek voel 'n veer vir wie my aankyk op aangaap waar ookal. Dis om die rede dat ek ‘n humoristiese storie met julle wil deel. Ongelu...

Seisoene

Ek het besluit om so kort stukkie oor seisoene te blog aangesien daar min dinge in ons lewe is wat so 'n invloed op ons dag-tot-dag bestaan het soos die weer.   Dink bietjie aan die mate van energie waarmee jy take benader en afhandel   op 'n winters dag vs. 'n heerlike somers dag. Wat ook al jou geval is ek is seker daar is 'n daadwerklike verskil in jou entoesiasme.   Ek weet almal praat altyd van watse tipe “seisoen”-mens hulle is!!!! Ek is 'n soooooo ‘n somers mens en my man weer soooooo 'n winters outjie.   Dit gaan natuurlik my verstand totaal en al te bowe hoe enige mens 'n winter mens kan wees maar dis net ek.   Ek kan maar net vermoed dit het iets te doen met   ‘n belofte van ‘n paar goeie bottels rooi wyn of so iets. Nou ja, seker omdat ek ook 'n oggend mens is, is dit die dat winter my nie aanstaan nie. Donker opstaan, bibber na die stort, donker uit die huis, donker na die werk   en dan eventueel weer donker by die huis aankom.  ...

Wat is ware Liefde?

Wat is ware liefde ? Dis darem nou ‘n onderwerp waaroor ‘n mens lekker kan skryf. Hoe anders dan, elke tweede storieboek is ‘n soet sappige verhaal en om nie eers te praat van die flieks wat draai nie, elke een se hoof tema is iets te doen met die liefde. Dit kan mos nie anders om jou vlinders in jou maag te gee nie. Dink bietjie daaroor? Wanneer laas het jy ‘n skiet, skop en don*&^% fliek gesien waar daar nie ‘n tikkie romanse in was nie? Ek moet seker ook nou nie te veel op hol gaan nie, maar die feit bly staan dat daar ‘n daadwerklike verskil tussen   ware liefde en verlief wees is. Ons almal weet dit mos nou al?   Julle ma’s het julle tog ook vertel dat daai ou waarop jy jou hart verloor het en wie natuurlik ook jou hart gebreek het, net kalwer liefde was, en die ware liefde kom nog. Natuurlik verskil my eie dogter vandag ook met my, sy glo mos in die staduim dat haar kalwer liefde en verliefdheid diè absolute ware Jakob is . Arme ding. Kom dit by ’n li...
Het jy al hieroor gewonder? Dis nou al 'n geruime tyd wat ek aan allerhande dingetjies dink wat ek oor “wonder” en nou “wonder” ek of ander mense ook al daaroor “gewonder” het, ek het nie antwoorde op die dinge waaroor ek wonder nie, maar dink tog dis 'n lekker onderwerp om oor te “blog”. Nou laat ek begin : 1.     Ek hou nie van verloor nie, in teen deel ek haat dit om te verloor. Ek haat dit ook om op te gee, ek redineer dat solank as wat daar 'n moontlikheid kan wees en is, sal ek aanhou.   Nou wonder ek as een van my geliefdes breindood verklaar word en ek moet besluit of die masjiene afgeskakel moet word wat ............ ? 2.     Ek   is op een van daai TV “wen” programme en ek word gevra ...... MONEY or the BOX, ek wonder ..............? 3.     Ek wonder as ek 'n ander rigting gekies het in 1988 .............? 4.     Ek wonder hoekom word karre wat in SA vervaardig word vir goedkoper in die...

Hoe praat ons Afrikaans

Hallo almal ek het lank oor die stuk wat ek vandag skryf gedink …. Afrikaans. Tog so ‘n “touchie” onderwerp. Nou ja, ek is allermins die persoon wat wil preek oor ons taal of wil kerm oor hoe diè een en daai een dit wil vertrap en hoe diè een en daai een dit wil uitsny en ek weet nie wat nog als nie. Ek wil eintlik net bietjie oor ‘n paar interessante taal dinge skryf of sal ek sê kommentaar lewer. Soos idiome. Luister bietjie volgende keer as jy in ‘n gesleskap sit of jy nog mense hoor wat idiome gebruik? Nie dat dit my pla nie, maar as ek eerlik moet wees,   ek het regtig eers weer bewus geword van ons Afrikaanse idiome die laaste paar jaar soos Wilmari graad na graad idiome moes leer in Afrikaans. Nou kom ek deel ‘n paar idiome met julle wat ek dink nie so voor die hand liggend is nie en wat ook nie idiome is wat ek ken nie, dalk doen julle.   Wie A sê, moet ook B sê. Wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou. Dit kom nie daarop aan nie. Dit maak n...

VAKANSIE

Toe ek klein was kon ekke eenvoudig net nie wag vir ons jaarlikse vakansie nie. Wat ‘n lekker uitsien was dit darem nie.   See toe. Jinne ek onthou hoe ver ons moes ry en hoe lank dit ons gevat het maar ook my pa wat altyd ‘n geldjie belowe aan die een wat die see eerste sien.   Dan het ons 3 sussies natuurlik al van net anderkant Oranjeville begin see sien. Wel, ek moet nou eerlik wees, weinig het vir my verander, want ek is steeds mal oor vakansie (ek wonder of daar iemand is wat nie daarvan hou nie) en ek sien steeds elke jaar   daarna uit. Enige vakansie! Ek sien letterlik die hele jaar uit na ‘n lang verwagte wegbreek vakansie. Ek is so dankbaar dat ek so bevoorreg kan wees om steeds vakansie te gaan hou en dit op eksotiese plekke (natuurlik verskil eksoties seker van persoon tot persoon). Ek persoonlik sien amper elke plek wat ek al besoek het as eksoties. (eksoties, dis dalk n “topic” vir ‘n ander keer).   Ek kon as kind eenvoudig nie wag om in di...

SOEN

My verjaarsdag, dis nou eendag waarvan ek hou en ja ek verstaan daar is baie ander mense   wat glad nie daarvan hou nie, vir watter redes ook al, maar of ons daarvan hou of nie ons almal het een en jy kan dit nie verander nie. Jy kan natuurlik kies om dit te ignoreer en maak of die dag nie bestaan nie, maar ek het nuus vir jou jy gaan steeds 'n jaar ouer wees. Ek kan natuurlik aangaan oor verjaarsdae maar wat ek wel op die hart het vanoggend is “soen”. Nee, hel dis een ding wat jy of kan doen of nie kan doen nie.   Nou is ek terug by verjaarsdae,   soveel soos ek van die dag hou, so min hou ek van die alewige gelukwense wat gepaardgaan   met “daai”   nat bolip soen van 'n oom en selfs soms 'n tannie wat nie kan wag om jou nader te trek nie. Nee, magies dit sit my af. Daarom dat ek liewer die stywe lip of geen lip gee nie. Dis egter vir my heel ongevraag, ek meen dis nie my skuld dat ek verjaar nie en al “love” ek my my verjaarsdag, vee maar net eers da...

Brief aan Pa

Liewe Pappa Ek het hierdie hele naweek aan jou gedink en so gewens ek kon die foon optel en met jou praat of vir jou SMS. (Ek dink jy sou nogal BBM of Whatsup gelike het.) Ek het gelê en top oor of ek vir jou 'n brief moet skryf of nie en toe besluit ek om jou begrafnis blaadjie uit te haal en die briefie wat ek daarin vir jou geskryf het op my blog te sit. Ek weet Oom Jan se dood en begrafnis van Vrydag maak sekerlik my verlange erger of dalk is dit bietjie jaloesie want nou is hy mos by pa en kan julle op "catch". Ek dink aan almal op die begrafnis wat ek lank laas gesien het en ek soms wens ek kan meer sien..... dis familie en jy weet ma se familie is 'n anderste klomp. Hoe sal ek sê : Sout van die aarde en mense wat kan saam staan as dit moet, dis soos 'n “pack of wolves” wat hulle terrein afmerk en beskerm, maar kyk as daar honger is, sal hulle nie skroom om mekaar te eet nie, oooeee nee tog dit klink nie reg nie, ek kan nou net imagine hoe pa lag v...

Predatoor / Bullebak / Boelies

Vir die van julle wat dalk nie weet wat ‘n predatoor is nie, dis ‘n roofdier. In ons samelewing het ons ook maar onder ons eie spesie homo-sapiens twee been predatore! Hulle loop orals in ons skole. Volgende keer as jy weer by ‘n skool byeenkoms sit dan kyk jy bietjie met ander oë om jou rond,   dalk sien jy daai een wat sommer openlik bekend is as die boelie. (En nogal trots is daarop ) Dalk het jou kind al deurgeloop of dalk loop hy/sy steeds deur maar hou hulle fyn dop dis nogal scary. Dit is regtig gepas om hulle predatore te noem, want kyk hulle is mal daaroor om op ander “jag” te maak. En nie net sommer op enige ander nie, nee hulle soek juis daai uit wat weerloos is of dalk nie so sterk staan nie. Dis erg om daaraan te dink, maar dat boelies in ons skole so werklik soos die griepvirus is kan ons nie ontken nie, ons kan die naam net na boelievirus verander. Maak jy die koerant oop is daar 'n artikel van 'n kind wat of geslaan, geskop, gekrap of self gedood is. Magtag...