Hoe praat ons Afrikaans
Hallo almal ek het lank oor die stuk wat ek vandag skryf
gedink …. Afrikaans. Tog so ‘n “touchie” onderwerp.
Nou
ja, ek is allermins die persoon wat wil preek oor ons taal of wil kerm oor hoe
diè een en daai een dit wil vertrap en hoe diè een en daai een dit wil uitsny
en ek weet nie wat nog als nie. Ek wil eintlik net bietjie oor ‘n paar
interessante taal dinge skryf of sal ek sê kommentaar lewer. Soos idiome.
Luister bietjie volgende keer as jy in ‘n gesleskap sit
of jy nog mense hoor wat idiome gebruik? Nie dat dit my pla nie, maar as ek
eerlik moet wees, ek het regtig eers
weer bewus geword van ons Afrikaanse idiome die laaste paar jaar soos Wilmari
graad na graad idiome moes leer in Afrikaans.
Nou
kom ek deel ‘n paar idiome met julle wat ek dink nie so voor die hand liggend
is nie en wat ook nie idiome is wat ek ken nie, dalk doen julle.
Wie A sê, moet ook B sê.
Wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou.
Dit kom nie daarop aan nie.
Dit maak nie saak nie.
Dit sit
my in die bed.
Dit begryp ek nie.Hy het die saak ter berge gebring
Hy het die saak opgehaal
Hy steek vir almal blad
Hy groet almal met die hand
Dit is botter by die vis
Kontant betaalDie berg het 'n muis gebaar
Dit waarna iemand so gretig uitgesien het, het toe op niks uitgeloop nie.
Sy kerk is uit.
Dit is klaarpraat met hom.
'n Koei kan moontlik 'n haas vang.
'n Mens kan nooit seker wees nie.
Hy het van Koerland se vleis geëet
Hy is baie lui...........................
Dan iets heel anders, 'n Wilde Woordeboek in
Afrikaans.
Ek lees myself vas aan ‘'n stuk wat 'n ene Johanna van Eeden op 10
Februarie verlede jaar geskryf en geplaas het op ‘'n blog genaamd Bamboes.
Dit gaan daaroor dat mevrou Joey Basson, die
vakhoof van Afrikaans van die Hoërskool Richardsbaai in 1993 met 'n projek
begin het om kinders aan te moedig om nuwe Afrikaanse woorde te skep. Dit was
so suksesvol dat hulle dit in 1997 in 'n Wilde Woordeboek opgeneem het.
Het ek nou die
woorde geniet? Soveel so dat ek ‘n paar
met julle wil deel.
“to throw a tantrum” : vloermoer
(een wat ek seker is julle ken)
“raves”: raaswals, ‘n
zombidans, ‘n maltrap, ‘n kopspin of ‘n hottentotsgoddans.“longdrop”: die plonsput, die dieptroon, die gemakgat of die plaaspardoems
“spare ribs”: evabeentjies, vleiskitaartjies of otgenot
“stapler” : draadjiedrukker of papiervampier.
Hierdie woordeboek het wragies waar woorde wat my verras het met raakvat-beskrywings.
So volgende keer
as jy iemand wil opbeur oorweeg dit om vir hulle ‘n Wilde
Woordeboek-boodskap wat byvoorbeeld iets soos die volgende lui stuur:
(soos gekry op bamboes)
Is jy in ‘n perdebui (bad
mood) omdat iemand besig is om jou handvatsels
glad te vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie ‘n sponskind (softy) nie jy met daardie
natuurlike noedelhare (spiral
perm). Of word jy nou ‘n tannetjie
hekel (oulady). Onthou jy nog hoe jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar ‘n ou loslooitjie (affair) aanknoop om
jouself op te beur. Nooit gedink my blindederm
sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te stel nie, né?
Wat van daardie oulike moerjoggie
(appy)? Of verkies jy eerder ‘n fundivakie
(nerd)? Wie se sjokoladepoppie
(sweetie) wil jy wees? Spin jy jou
driewiel (gooi ‘n tantrum) omdat jy vanoggend weer besef het jou vriend
is ‘n onrehabiliteerbare skouervlieg
(back seat driver)? Dit sal my ook ystervarke
laat vang (‘n gasket laat blaas) as iemand heeltyd soos ‘n koopsebliefie (rep) sy stembande om my ore rek (nag). Hy het
seker maar vanoggend weer ‘n effense bewerlewertjie
(hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie (halfjackie). Komaan, klim uit die streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou
bestuursvernuf en jy trek holrug
(kry creeps), sê vir hom hy soek vir
gips en steke (watch it)! Gaan huis toe, groet die bure se brommerboel (brandsiek brak) en tooi
jouself in jou mooiste saterdrag
(informele klere) vir daai mog dit trof
(blind date). As dit ‘n petofferige
(flashy) ou is wat met ‘n sardyntrein
(taxi) voor die deur stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer vanaand alleen wees. Slaan ‘n
vleismolessie (stew) aanmekaar,
haal die jeugdeeg (make-up) van
jou gesig af en snik jou sorge weg in ‘n bloplappie (tissue). Hou sommer môre ‘n vakbondvastrap (toi-toi) voor jou werkplek en vra vir ‘n verhoging
om te betaal vir die hysbakkies
(face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).
Oulik nè?
Dankie Johanna van Eeden ek het dit
vreeslik geniet.
Hier is die link na die artikel op
bamboes vir die wat dalk die artikel self wil lees.
Groetnis tot volgende keer!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking