SOEN
My verjaarsdag, dis nou eendag waarvan ek hou en ja ek verstaan daar
is baie ander mense wat glad nie daarvan
hou nie, vir watter redes ook al, maar of ons daarvan hou of nie ons almal het
een en jy kan dit nie verander nie. Jy kan natuurlik kies om dit te ignoreer en
maak of die dag nie bestaan nie, maar ek het nuus vir jou jy gaan steeds 'n jaar
ouer wees.
Ek kan natuurlik aangaan oor verjaarsdae maar wat ek wel op die hart
het vanoggend is “soen”. Nee, hel dis een ding wat jy of kan doen of nie kan
doen nie. Nou is ek terug by verjaarsdae,
soveel soos ek van die dag hou, so min
hou ek van die alewige gelukwense wat gepaardgaan met “daai” nat bolip soen van 'n oom en selfs soms 'n tannie
wat nie kan wag om jou nader te trek nie. Nee, magies dit sit my af. Daarom dat
ek liewer die stywe lip of geen lip gee nie. Dis egter vir my heel ongevraag,
ek meen dis nie my skuld dat ek verjaar nie en al “love” ek my my verjaarsdag, vee
maar net eers daai nat bolip af voor jy my daai “kus” wil gee!
Selfs in 'n era waar kortstondige verhoudings en los gelukkies seëvier blyk dit bly dit vir my die meeste mense hou
tog daarvan om te soen.
Ek besluit toe om bietjie te gaan lees oor die moontlike herkoms van
die soen. En ja wraggies lyk my nou ons ou
klompie doen dit eintlik op die verkeerde manier.
Hoe om die soen ding te doen, vind ek toe uit het eintlik 'n lang
geskiedenis. (ek gaan nou nie in alles ingaan nie) Dink nou maar aan Romeo en Juliet, die tweetjies soen mekaar in die
bekende William Shakespeare drama “
Romeo and Juliet” wat hy na beraming tussen 1591 en 1595 geskryf het.
Natuurlik as jy so na een van ons gewilde Afrikaanse sepies op TV kyk dink
daai jong klomp natuurlik hulle het die soen uitgevind, maar sit hulle eintlik die pot
vêr mis.
So trek ek toe mieliestronk nader en kry die geskiedenis so bietjie
onder die knie. Dit blyk dat Christene mekaar gesoen het as hulle vir watter
rede ook al bymekaar gekom het.
Nou dit is so, dink bietjie aan daai familie byeenkomste Kersfees of Oom Hans se 70st
verjaarsdagparty? Heng dan staan daai ooms en anties almal in 'n ry met hulle nat bolippe in groot afwagting vir daai soen van 'n jongetjie.
Eskimo’s soen mos deur hulle neuse teen mekaar te skuur en die klomp in
Suidoos Indië druk weer hulle neuse teen mekaar se wange terwyl die een wat die
neus druk Aaaaaaaa sê. Vreemd nè?
Dan kom ons by die soen wat so gewild is onder ons jong klomp of sal ek
meer spesifiek wees tieners. Die Franse soen. Heng daar vat jy nie net mekaar met die
lippe nie maar ook met die tonge. Ek gaan nou liewer nie verder ingaan op diè
een nie, want ek is regtig nie nou lus on n te gaan op die tong tippie toets nie!
Dr. Lucy Vincent ('n Franse skrywer) het 'n boek geskryf waar sy meer vertel van die wetenskap agter
die soen. Volgens haar sê sy dat “die
daad van lippe wat sluit, 'n ketting van
biologiese reaksie aan die gang sit en dat die intieme soen 'n keerpunt in
iemand se verhouding is. Voordat julle lippe mekaar gesluit het, was julle net
twee individue maar na die kus verander julle verhouding. Dit klink
ernstig.
Party mense dink egter soenery is onheilig want hoor bietjie hier: In
Indiana is daar 'n wet wat dit onwettig vir 'n man met 'n snor maak om uit
gewoonte mense te soen? Wat beteken dit? As 'n man dan nie 'n snor het nie mag
hy dan uit gewoonte ander mense
soen? Ek weer regtig nie. In Hartford (dis in die Amerikaanse staat
Connecticut) is dit steeds onwettig vir 'n man om sy vrou op 'n Sondag te soen.
Wel tik my om met 'n veer, want wat is die verskil nou of jy op 'n Maandag,
Woensdag of Sondag soen?
Wel iets om oor te dink.
“ A kiss is a lovely trick
designed to stop speech when words become superfluous”
Ingrid Bergman
Wilma
Opmerkings
Plaas 'n opmerking