Wat is ware Liefde?
Wat is ware liefde ?
Dis darem nou ‘n
onderwerp waaroor ‘n mens lekker kan skryf. Hoe anders dan, elke tweede
storieboek is ‘n soet sappige verhaal en om nie eers te praat van die flieks
wat draai nie, elke een se hoof tema is iets te doen met die liefde. Dit kan
mos nie anders om jou vlinders in jou maag te gee nie.
Dink bietjie daaroor?
Wanneer laas het jy ‘n skiet, skop en don*&^% fliek gesien waar daar nie ‘n
tikkie romanse in was nie? Ek moet seker ook nou nie te veel op hol gaan nie, maar die feit bly staan dat daar ‘n daadwerklike verskil tussen ware liefde en verlief wees is. Ons almal weet dit mos nou al? Julle ma’s het julle tog ook vertel dat daai ou waarop jy jou hart verloor het en wie natuurlik ook jou hart gebreek het, net kalwer liefde was, en die ware liefde kom nog. Natuurlik verskil my eie dogter vandag ook met my, sy glo mos in die staduim dat haar kalwer liefde en verliefdheid diè absolute ware Jakob is . Arme ding.
Kom dit by ’n liefdesbesluit neem is dit tog beter om ’n bietjie daaroor te twyfel. Ek dink tog baie mense wonder seker maar.
Dis om daai besluit te neem, om grense oor te steek en dan die risiko te loop om verwerp te word en seer te kry. Vir baie is dit net die normale vrees voor die groot stap wat hulle onseker maak, maar vir ander is dit ’n groter probleem. Soms is hulle net bang dat hulle op die rak gaan bly sit en vir ander gaan dit suiwer oor wat hulle uit die verhouding kan kry. Geld en status kan natuurlik ’n belangrike rol speel. Dan is daar die wat net hoop dat die verhouding hulle omstandighede sal verbeter. En natuurlik kry jy altyd die wat sommer net halsoorkop in ’n ding instap.
Die realiteit en die waarheid is dat ware liefde ‘n wilsbesluit is en nie net ‘n gevoel is wat jou oorweldig nie. Ware liefde verg moed en werk om jouself bloot te stel aan ‘n ander.
Dan natuurlik glo ek
dat dis onmoontlik om iemand anders waarlik lief te hê as jy nie vir jouself
ook lief is nie.
My gevolgtrekking is
dat ware liefde is :om aandag te gee, regtig te luister en tyd te maak vir daai spesiale ander persoon. Dis nie bloot om net te gee nie, dit gaan eerder daaroor om oordeelkundig te gee en ook om oordeelkundig te weerhou. Die belangrikste is om te weet dat LIEFDE is wat LIEFDE doen.
So vir jou my pop ‘n boodskappie
hieronder :
IT
SUCKS WHEN YOU KNOW
THAT
YOU NEED TO LET GO
BUT
YOU CAN’T
BECAUSE
YOU’RE STILL WAITING FOR THE
IMPOSSIBLE
TO HAPPEN!!!!!!!
Wilma
Opmerkings
Plaas 'n opmerking