Brief aan Pa


Liewe Pappa

Ek het hierdie hele naweek aan jou gedink en so gewens ek kon die foon optel en met jou praat of vir jou SMS. (Ek dink jy sou nogal BBM of Whatsup gelike het.)

Ek het gelê en top oor of ek vir jou 'n brief moet skryf of nie en toe besluit ek om jou begrafnis blaadjie uit te haal en die briefie wat ek daarin vir jou geskryf het op my blog te sit. Ek weet Oom Jan se dood en begrafnis van Vrydag maak sekerlik my verlange erger of dalk is dit bietjie jaloesie want nou is hy mos by pa en kan julle op "catch". Ek dink aan almal op die begrafnis wat ek lank laas gesien het en ek soms wens ek kan meer sien..... dis familie en jy weet ma se familie is 'n anderste klomp. Hoe sal ek sê : Sout van die aarde en mense wat kan saam staan as dit moet, dis soos 'n “pack of wolves” wat hulle terrein afmerk en beskerm, maar kyk as daar honger is, sal hulle nie skroom om mekaar te eet nie, oooeee nee tog dit klink nie reg nie, ek kan nou net imagine hoe pa lag vir die manier wat ek dit stel. Laat ek weer probeer. Hulle is mos daar vir mekaar (vir ons almal) maar in die binnekringe kan hulle mekaar ook goed roskam, maar ek lief hulle almal en ek weet pa het ook.

Die brief is nou nie veronderstel om oor die familie te gaan nie, maar dis hoe hulle is as jy hulle het,  het jy hulle en kan jy net nie help om oor hulle te praat nie.  Hier is my briefie  net soos ek dit vir jou gelees het, (en al kan ek hom nou verander en nog goeters bysit het ek besluit ek plaas hom ongeredigeer):

Sewe weke is lank, maar 70 jaar is langer. As ek moes oor kies sou ek dit nie wou anders hê nie, want my kind het 'n oupa gehad wat ander nooit gehad het nie. Ek het 'n pa gehad wat ander nie beskore was nie. Ek is eintlik hartseer vir die wêreld want net 'n paar selektiewe mense het die voorreg gehad om jou as eggenoot, pa, oupa, oom en vriend te hê. Vir sewe weke het ons almal saam met pa geworstel. Ons het probeer om aan elke greintjie hoop te klou, aan alles wat die dokters gesê het al was dit swaar. Ek wou so graag pa se seer wegvat maar het nie geweet hoe nie. Ek weet God het dit nou weggevat en al wil ek glo daar was geen ander keuse nie, vat dit nie die seer weg nie. Ek wonder of pa ons sien deur God se oê, al jou vriende en familie wat hartseer is, dalk 'n paar want net gou wou kom groet ? God het sy besluit geneem. Hulle is almal hier om pa vandag te groet. Ons weet pappa het veilig die eindbestemming bereik, stuur groete aan my oumas en oupa wat reeds daarbo wandel en wag asseblief geduldig vir ons almal.

Liefde Wilma  ( die middel een, jy weet mos) 

(Dis nou 2 jaar en 5 maande wat pappa van ons weggevat is en in die tyd het van die “wolves pack” pa al “gejoin” en soos dit vir my lyk mag daar nog 'n paar op pad wees, hoop julle kuier lekker)  

Opmerkings

  1. Ai Wilma, die ou Afrikaner volkie wat ons almal is, laat my partykeer net kopskud. Ons het ook so 'n wolf pack dinamieka, die enigste verskil is dat ek nou die oudste van die pak is. my boeta is hierdie maand 20 jaar, my 2 pa's 10 & 14 jaar en my ma 3 jaar weg. ek wil nog steeds baie maal vir hulle vertel wat die lot nou weer aanvang en hulle opinie vra, maar besef dan, hulle skut seker soos hulle lag vir ons manewalis hieronder, en my ma se dan ook ek is alweer die hoof clown. Die seer word minder, maar die gemis nie sommer. Ek dink aan jou - liefde Elsje

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

'n Bucket List

Ek stel myself voor