Predatoor / Bullebak / Boelies


Vir die van julle wat dalk nie weet wat ‘n predatoor is nie, dis ‘n roofdier. In ons samelewing het ons ook maar onder ons eie spesie homo-sapiens twee been predatore! Hulle loop orals in ons skole.
Volgende keer as jy weer by ‘n skool byeenkoms sit dan kyk jy bietjie met ander oë om jou rond,  dalk sien jy daai een wat sommer openlik bekend is as die boelie. (En nogal trots is daarop ) Dalk het jou kind al deurgeloop of dalk loop hy/sy steeds deur maar hou hulle fyn dop dis nogal scary. Dit is regtig gepas om hulle predatore te noem, want kyk hulle is mal daaroor om op ander “jag” te maak. En nie net sommer op enige ander nie, nee hulle soek juis daai uit wat weerloos is of dalk nie so sterk staan nie.
Dis erg om daaraan te dink, maar dat boelies in ons skole so werklik soos die griepvirus is kan ons nie ontken nie, ons kan die naam net na boelievirus verander. Maak jy die koerant oop is daar 'n artikel van 'n kind wat of geslaan, geskop, gekrap of self gedood is. Magtag dit word al hoe erger. Dit lyk my hoe meer aandag daarop is in die koerante hoe meer kom dit voor.

Dit is verseker 'n epidemie wat ons nie onder die mat kan invee nie, Maar wat dit erger maak is dat van ons skole en self ouers hulle self probeer flous deur te dink dat as ons nie hierdie sogenaamde bullebakke met bak arms sien rondloop en weerlose klein kindertjies afknou nie, ons nie van hulle in ons middes het nie. Vir julle wil ek sê : Sjoe word wakker, wees wees gewaarsku en wees op die uitkyk vir hulle want hulle skop, krap, slaan of druk nie noodwendig jou kind se kop in 'n modderplas nie. Nee, hulle behoort aan die “groep” wat vreeslik daarvan hou om “sweepslae” met hulle tonge uit te deel. As hulle iemand kan verneder is hulle op hulle gelukkigste. EN as die omstanders niks doen nie blyk dit, put hulle nog meer genot daaruit om ‘n ander kind te treiter.
“Sad but True”  dit is ook nie net seuns nie maar daar is ook dogters wat aan hierdie boelievirus ly. Hulle, veral  hou daarvan om die sweepslae met die tong uit te deel!
My google navorsing wys duidelik dat dit ook 'n wêreldwye probleem is en dus nie uniek is aan die die Suidpunt van Afrika nie. Dit kom in alle skole, in alle lande onder alle kulture voor. Ons skole moet net bewus wees van wat die impak van hierdie boelievirus op ons kinders het. Dit is ongelooflik skadelik en daar sal daadwerklik stappe gedoen moet word om dit hok te slaan. Dit gaan regtig nie help om eers iets te doen wanneer die beruggie klaar in die koerant is of die selfoon vidoe al 50 000 hits op You Tube gehad het nie, nee lank voor dit al.

Daar is teveel mense wat dink dat dit onskuldige pret is, nee ou maat nuus vir jou, afknouery in jou kindertyd kan jou lewenslange  skade berokke. Dink bietjie daaroor, hoeveel “meesters” van afknouery lees ons van in die koerante? Dalk nie in sulke direkte woorde nie maar gaan kyk na iemand soos die sogenaamde Modimole Monster. Man hy blyk een van diè “meesters” van “meesters” te wees. Ek het geen skroompie van twyfel dat hy ‘n “boelie delux” was nie, en vir al wat ek weet dalk steeds is.

So dalk moet ons ophou ons net ons koppe te skuld in sogenaamde ONGELOOF vir daai jonge juffie wat haar skoolmaat slegsê in woorde wat ‘n gesoute matroos sal laat bloos, maar wat moet ons doen? Ek dink dis die vraag wat almal vrae?  
Verder lees ek dat boelies dikwels kinders is wat self emosionele pyn ervaar. Blykbaar is dit kinders wat se emosionele “behoeftes” nie by die huis bevredig word nie. Tipiese oorsake is ouers wat nie genoeg aandag aan hulle kinders gee nie.   So dalk ‘n oplossing, spandeer meer tyd saam met jou kinders??

Ek het op ‘n blog afgekom van  Pietergrdevilliers (net so geskryf) waar hy ‘n stuk oor boelies en bullebakke geskryf het en daarmee saam ‘n brief gepubliseer het van ‘n skool in Dallas Texas wat ‘n brief aan die begin van die 2010 skooljaar aan alle ouers gestuur het. Magties ek het gedink dis nou oulik.
Ek deel die brief met julle.

Dear Parents/Guardians:

Our guidance lesson this week is titled “How to Handle Bullies.” Students learned the definition of bullying, different ways to bully and how to stand up to bullies.

The district definition for bullying as found in the “Student Code of Conduct” is the following: Bullying is when a stronger, more powerful person hurts or frightens a smaller or weaker person deliberately (on purpose) and repeatedly (again and again).

The following is a chart illustrating the differences between rough play, real fighting and bullying.

ROUGH PLAY
Usually friends;
Often repeated (same players);

Balance of power
No intent to harm
Affect is friendly; positive, mutual

REAL FIGHTING
Usually not friends; Typically not repeated
Power relatively equal
Intentional harm-doing
Affect is negative;
agressive, tense, hostile effect
BULLYING
Typically not friends; generally repeated;
Unequal power
Intentional harm-doing
Affect negative; aggressive;and differs for victim and aggressor. Bully---calm;
victim---scared, nervous


Bullies bully in four different ways: Physical (hitting, pushing, tripping); Social (gossip, rumors); Verbal (teasing, name calling); Scaring (saying they will beat you up).

Students learned 5 ways to deal with bullying.
• Stand tall—be confident—tell them to leave you alone.
• Ignore them—walk away—avoid
• Stay with other kids
• Always tell an adult
Children do and will continue to have conflicts in their life as they learn to get along with their friends, peers, and family members. Conflict is normal and resolvable. Bullying is destructive and hurtful to children.

The best solution for a bully is to give your child the tools and strength to withstand it, avoid it, or know when and how to get help. During a family night role play different bullying situations and have your children act them out using one of the above strategies for dealing with bullies. Practice, practice, practice is the key to building self-confidence if your child comes face to face with bully. Remember bullying is an imbalance of power—when we give children the skills and give them opportunities to practice them in a safe environment we empower them to stand up to bullies.
If you would like additional information on bullying there is a power point presentation on my web site. Please don’t hesitate to call me if I can be of any service to you or your child in the future-214-496-7812.

Sharon Danchak
Town Center Counselor



Ek het nou gedink dis oulik, dalk is dit ook iets wat ons skole kan doen of dalk kan hulle bietjie gaan kers opsteek by hierdie skool. Blykbaar is dit een van die gewildste skole in die distrik. Mense trek nader aan die skool en staan letterlik tou om hulle kinders daar in te skryf.
Nou ja, ek sluit af. 
Hoop nie julle kinders word afgenkou en geboelie nie mag julle ‘n wonderlike naweek hê.

Groetnis
Wilma

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Brief aan Pa

'n Bucket List

Ek stel myself voor