Het jy al hieroor gewonder?

Dis nou al 'n geruime tyd wat ek aan allerhande dingetjies dink wat ek oor “wonder” en nou “wonder” ek of ander mense ook al daaroor “gewonder” het, ek het nie antwoorde op die dinge waaroor ek wonder nie, maar dink tog dis 'n lekker onderwerp om oor te “blog”.

Nou laat ek begin :

1.    Ek hou nie van verloor nie, in teen deel ek haat dit om te verloor. Ek haat dit ook om op te gee, ek redineer dat solank as wat daar 'n moontlikheid kan wees en is, sal ek aanhou.  Nou wonder ek as een van my geliefdes breindood verklaar word en ek moet besluit of die masjiene afgeskakel moet word wat ............ ?

2.    Ek  is op een van daai TV “wen” programme en ek word gevra ...... MONEY or the BOX, ek wonder ..............?

3.    Ek wonder as ek 'n ander rigting gekies het in 1988 .............?

4.    Ek wonder hoekom word karre wat in SA vervaardig word vir goedkoper in die buiteland verkoop as hulle uitgevoer word as 20km van die fabriek af .... ?

5.    Ek wonder waar al daai een- een sokkies se maats is wat wegraak na ‘n was.......?

6.    Ek wonder hoekom jy nie kan skuld maak as jy nie skuld het nie .....?

7.    Ek wonder hoekom daar 'n van soos Kleingeld is .........?

8.    Ek wonder hoe party mense kan lieg sonder om te blik of te bloos ....?

Gelukkig verknies ek my nie oor alles waaroor ek wonder nie, want baie waaroor ek “wonder” kom tog neer op 'n besluit en wat ek ook al op daardie staduim sal besluit of besluit het sal en het ek by berus, want as ek  eers begin wonder aan die ....“as ek maar........” wat is “as”? As is verbrande hout.  

Ek sluit af met ‘n paar komiese “wonders”, lees dit bietjie en gaan “wonder” daaroor.

Tot volgende keer

ekke

Sal jy moord pleeg om die Nobel prys vir vrede te wen ?

Is dit beter om geld te leen by ‘n pessimis ?  (Ja, want hy verwag dit in elk geval nie terug nie.)

Gewonder wat is “’n Gewete” ? (Dis die deel van jou lyf wat seer kry as die res baie lekker kry.)

Wat is die spoed van nag ? (Who cares?)

Hoe weet jy as jou onsigbare ink klaar is ? (Hou op wonder, niemand gebruik dit in alle geval nie.)

 As alles lyk of dit goed verloop hoekom is dit altyd dat jy iets miskyk ?

Wat is depressie ? (Dis eindelik maar net woede sonder entoesiasme.)

Wat gebeur as jy jouself halfpad doodskrik … tweekeer ?

Al ooit gewonder hoekom vra fortuinvertellers altyd wat jou naam is ?

Wat is ondervinding ? (Dis iets wat jy kry nadat jy dit nodig gehad het.)

Hoekom wil jou tiener nie jou raad volg oor haar keuse van 'n kêrel nie? (Sy aard na jou)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Brief aan Pa

'n Bucket List

Ek stel myself voor