Seisoene
Ek het besluit om so kort stukkie oor
seisoene te blog aangesien daar min dinge in ons lewe is wat so 'n invloed op
ons dag-tot-dag bestaan het soos die weer.
Dink bietjie aan die mate van energie waarmee jy take benader en
afhandel op 'n winters dag vs. 'n heerlike
somers dag. Wat ook al jou geval is ek is seker daar is 'n daadwerklike verskil
in jou entoesiasme.
Ek weet almal praat altyd van watse tipe “seisoen”-mens
hulle is!!!! Ek is 'n soooooo ‘n somers mens en my man weer soooooo 'n winters outjie. Dit gaan natuurlik my verstand totaal en al
te bowe hoe enige mens 'n winter mens kan wees maar dis net ek. Ek kan maar net vermoed dit het iets te doen
met ‘n belofte van ‘n paar goeie bottels
rooi wyn of so iets.
Nou ja, seker omdat ek ook 'n oggend mens
is, is dit die dat winter my nie aanstaan nie. Donker opstaan, bibber na die
stort, donker uit die huis, donker na die werk en dan eventueel weer donker by die huis
aankom. Alles voel grys, eintlik is
alles grys, self die klere wat ons aantrek is grys, grys en dik en ongemaklik
en dan laat die lae en lae jou ook nog soos 'n opgestopte wors lyk. Erger
nog........die koue wil 'n mens ook net laat eet en koffie drink aanhoudend en in
so n mate dat jy na die winter sonder die lae klere ook soos 'n opgestopte wors
lyk, dalk net nie so grys nie.
Natuurlik het somer vir party ook maar sy
slegte kant, dink net aan al daai lastige vlieë en irriterende miere as jy
braai of kosmaak in die kombuis. Nie dat ek groot is op kosmaak nie maar
steeds, jy begin net oor kosmaak praat dan lyk dit al of daar 'n vlieë kolonie
op jou afsak. Dan is daar natuurlik ook
diegene wat nie lekker cope met hoe om daai taai en sweterige lywe van hulle te
versorg nie. Ek dink ook sommige mense
se irritasievlakke styg so saam met die temperatuur. Dit opsigself veroorsaak
weer onvoorspelbare uitbarstings wat jou so ontkant kan betrap soos 'n
laatmiddag hoëveldse donderstorm. Dit
is maar net so, vir party mense is die somerson en seer brand net te veel om te
verduur.
Dan kry jy weer die, wat as die koue sy
kloue in ons landjie kom inslaan lyk dit of hulle vir die eerste keer die jaar ontwaak.
Party het so ekstra huppel in hul stap en dit het niks te doen met hoe styf die
serp om hul nek getrek is nie. Die meeste van hulle ook met so ‘n hengse “smile”op
hul bakkies. Dis eintlik aardig. Nou verwonder ek my oor die “koue ding” wat 'n mens so kan laat glimlag, want dit lyk
kompleet of sy tande warm kry.
Die effek wat koue op party mense het, is
regtig “amazing”, my man byvoorbeeld kry ’n definitiewe “energy boost” - smile and all. Hoe kouer hoe beter.
Dan wat van herfs en lente ? Wel die lente
laat my gril, ja gril, want al om my nies en proes mense van die kamtige “stuifmeel”.
Al waaroor gesprekke gaan is van die arme bloeitjies by die huis met “hooikoors”,
hel kom oor julleself, kry alergex of iets, lente is so kort en in alle geval voel dit vir
my dat vir die laaste twee jaar ons die lente en herfs “geskip” het en straight
van somer na winter en via versa gegaan het.
Nou ja so raak dit nou winter hier by ons en
sal ‘n paar van ons maar die opgestopte "wors ding" doen, of ons nou wil of nie.
Ek groet julle met ‘n gediggie wat ek self geskryf
het : Lovies ekke
Dit maak nie saak of dit winter koud
of somer benoud
Soos die dae aanstap en die seisoene verby tol
So is ons almal geskape vir 'n spesifieke rol
Is jy 'n herfskind
Of dalk ‘n somer nimf
Wat maak dit tog saak
Ons almal word geraak
Leef jy vir die somer
Is jy dalk 'n dromer
Hou jy van winter
Of laat dit jou hinker
Daar is lewe, daar is dood
Weet net in Sy hande is ons almal groot!!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking