Plasings

Gebroke Hart

Gebroke Hart  J y sal nie oornag van ’n gebroke hart herstel nie en   wees tog bewus daarvan dat dit aaklig gaan voel vir baie lank. Dis daai gekneuse oë en hartseer trek wat ‘n mens gewoonlik dadelik opval.   Die taal wat jou hart praat Die pyn, die smart, die stukkend Soveel verdriet, soveel seer Hoekom nou   hoekom tog Sou jy dit kon hanteer Sou jy dit kon staan Die gedruis in jou ore, die aanhoudende geklop bloed wat aanhou vloei deur ‘n hart wat daar nie meer is Hoekom nou , hoekom tog Laat gaan die pyn, laat gaan die seer My hart is nog te seer.

LAG IS LEKKER!!!!

Hulle sê lag en die wêreld lag saam met jou, huil en jy huil alleen. Dit is ‘n pot sn*&^. Sorry maar regtig. Dit is duidelik deur iemand utgedink wat nie in ons huidige lewe gewoon het nie. Dis is natuurlik wonderlik om daarna te kyk deur ‘n idialis se bril, maar kyk jy om jou rond sal jy baie vinnig opmerk dat die outjie wat die gesegte uitgedink het defnitief nie aan ons huidige mensdom  gekyk het nie. Die werklikheid is so eenvoudig soos val uit 'n boom : die hele wêreld sal eerder vir jou lag as jy huil en jou aankyk of jy mal is as jy lag. Jinne maak net die koerant oop of kyk nuus. Selfs beter bars uit van die lag êrens in die openbaar en jy sal kyke kry wat jou skoon van jou lag laat afsit. Ek natuurlik moet bieg ek “love” lag, lag uit volle bors, lag dat die trane oor my wange rol, lag dat my stem wegraak en my maag seer word en ek voel 'n veer vir wie my aankyk op aangaap waar ookal. Dis om die rede dat ek ‘n humoristiese storie met julle wil deel. Ongelu...

Seisoene

Ek het besluit om so kort stukkie oor seisoene te blog aangesien daar min dinge in ons lewe is wat so 'n invloed op ons dag-tot-dag bestaan het soos die weer.   Dink bietjie aan die mate van energie waarmee jy take benader en afhandel   op 'n winters dag vs. 'n heerlike somers dag. Wat ook al jou geval is ek is seker daar is 'n daadwerklike verskil in jou entoesiasme.   Ek weet almal praat altyd van watse tipe “seisoen”-mens hulle is!!!! Ek is 'n soooooo ‘n somers mens en my man weer soooooo 'n winters outjie.   Dit gaan natuurlik my verstand totaal en al te bowe hoe enige mens 'n winter mens kan wees maar dis net ek.   Ek kan maar net vermoed dit het iets te doen met   ‘n belofte van ‘n paar goeie bottels rooi wyn of so iets. Nou ja, seker omdat ek ook 'n oggend mens is, is dit die dat winter my nie aanstaan nie. Donker opstaan, bibber na die stort, donker uit die huis, donker na die werk   en dan eventueel weer donker by die huis aankom.  ...

Wat is ware Liefde?

Wat is ware liefde ? Dis darem nou ‘n onderwerp waaroor ‘n mens lekker kan skryf. Hoe anders dan, elke tweede storieboek is ‘n soet sappige verhaal en om nie eers te praat van die flieks wat draai nie, elke een se hoof tema is iets te doen met die liefde. Dit kan mos nie anders om jou vlinders in jou maag te gee nie. Dink bietjie daaroor? Wanneer laas het jy ‘n skiet, skop en don*&^% fliek gesien waar daar nie ‘n tikkie romanse in was nie? Ek moet seker ook nou nie te veel op hol gaan nie, maar die feit bly staan dat daar ‘n daadwerklike verskil tussen   ware liefde en verlief wees is. Ons almal weet dit mos nou al?   Julle ma’s het julle tog ook vertel dat daai ou waarop jy jou hart verloor het en wie natuurlik ook jou hart gebreek het, net kalwer liefde was, en die ware liefde kom nog. Natuurlik verskil my eie dogter vandag ook met my, sy glo mos in die staduim dat haar kalwer liefde en verliefdheid diè absolute ware Jakob is . Arme ding. Kom dit by ’n li...
Het jy al hieroor gewonder? Dis nou al 'n geruime tyd wat ek aan allerhande dingetjies dink wat ek oor “wonder” en nou “wonder” ek of ander mense ook al daaroor “gewonder” het, ek het nie antwoorde op die dinge waaroor ek wonder nie, maar dink tog dis 'n lekker onderwerp om oor te “blog”. Nou laat ek begin : 1.     Ek hou nie van verloor nie, in teen deel ek haat dit om te verloor. Ek haat dit ook om op te gee, ek redineer dat solank as wat daar 'n moontlikheid kan wees en is, sal ek aanhou.   Nou wonder ek as een van my geliefdes breindood verklaar word en ek moet besluit of die masjiene afgeskakel moet word wat ............ ? 2.     Ek   is op een van daai TV “wen” programme en ek word gevra ...... MONEY or the BOX, ek wonder ..............? 3.     Ek wonder as ek 'n ander rigting gekies het in 1988 .............? 4.     Ek wonder hoekom word karre wat in SA vervaardig word vir goedkoper in die...

Hoe praat ons Afrikaans

Hallo almal ek het lank oor die stuk wat ek vandag skryf gedink …. Afrikaans. Tog so ‘n “touchie” onderwerp. Nou ja, ek is allermins die persoon wat wil preek oor ons taal of wil kerm oor hoe diè een en daai een dit wil vertrap en hoe diè een en daai een dit wil uitsny en ek weet nie wat nog als nie. Ek wil eintlik net bietjie oor ‘n paar interessante taal dinge skryf of sal ek sê kommentaar lewer. Soos idiome. Luister bietjie volgende keer as jy in ‘n gesleskap sit of jy nog mense hoor wat idiome gebruik? Nie dat dit my pla nie, maar as ek eerlik moet wees,   ek het regtig eers weer bewus geword van ons Afrikaanse idiome die laaste paar jaar soos Wilmari graad na graad idiome moes leer in Afrikaans. Nou kom ek deel ‘n paar idiome met julle wat ek dink nie so voor die hand liggend is nie en wat ook nie idiome is wat ek ken nie, dalk doen julle.   Wie A sê, moet ook B sê. Wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou. Dit kom nie daarop aan nie. Dit maak n...

VAKANSIE

Toe ek klein was kon ekke eenvoudig net nie wag vir ons jaarlikse vakansie nie. Wat ‘n lekker uitsien was dit darem nie.   See toe. Jinne ek onthou hoe ver ons moes ry en hoe lank dit ons gevat het maar ook my pa wat altyd ‘n geldjie belowe aan die een wat die see eerste sien.   Dan het ons 3 sussies natuurlik al van net anderkant Oranjeville begin see sien. Wel, ek moet nou eerlik wees, weinig het vir my verander, want ek is steeds mal oor vakansie (ek wonder of daar iemand is wat nie daarvan hou nie) en ek sien steeds elke jaar   daarna uit. Enige vakansie! Ek sien letterlik die hele jaar uit na ‘n lang verwagte wegbreek vakansie. Ek is so dankbaar dat ek so bevoorreg kan wees om steeds vakansie te gaan hou en dit op eksotiese plekke (natuurlik verskil eksoties seker van persoon tot persoon). Ek persoonlik sien amper elke plek wat ek al besoek het as eksoties. (eksoties, dis dalk n “topic” vir ‘n ander keer).   Ek kon as kind eenvoudig nie wag om in di...