'n Bucket List
Nou lê ek vanoggend van 3 uur af en dink wat sal 'n mens nou 'n "bucket list" in Afrikaans noem. Wel die naaste wat ek kan dink is "emmer lys."
So staan ek toe maar op en kom google dit en ja wragies lyk vir my dit is wat die meeste afrikaanse mense dit noem 'n emmer lysie. Maar ek hou meer van "bucket list" so ek gaan praat van 'n "bucket list".
Het julle al daaraan gedink? Nie aan die afrikaanse woord nie, maar aan 'n "bucket list" ?
Miskien is dit nie iets wat almal aan dink nie of was die term nie alom bekend nie, maar nadat die fliek "The bucket list" met Morgan Freeman en Jack Nickolson uitgekom het was daar maar min mense wat nie geweet het wat 'n bucket list is nie.
Nou ja, vir die wat dalk nie weet nie, ek twyfel of daar is, maar ek wil dit anyway neerpen, dit is 'n lys van aktiwiteite wat jy wil doen voor jy die emmer skop, m.a.w voor jy doodgaan.
Laat ek nou vir julle goeie advies gee moet nie wag tot julle naby aan emmer skop is voordat jy 'n "bucket list" optrek nie. Doen dit nou!!! Ons dink tog nie heeltyd aan doodgaan nie maar begin dink aan lewe en hoe jy lewe.
Gelukkig is my filosifie, en gelukkig is dit "pappa" sin ook ("pappa is my wederhelfde) dat as jy nie vandag lewe deur dit te geniet en dinge doen wat jy graag wil nie, is die kanse goed dat ons net in die allerdaagse dag to dag "hassle en bustle" vasgevang sal word. Dan sal ons ook opeindig deur "daai twee wat nooit niks gedoen het nie " te wees. Almal ken mos maar sulke mense, daai wat die blikkies kos opgaar vir 'n noodgeval, of daai wat alles wegsit vir as ons die dag "aftree". Want sien dan wil hulle mos die wêreld gaan bekyk en alles doen wat hulle nooit kon nie, maar glo my baie min kom daarby uit want aftree vandag is nie maklik nie en nie dat ek nou enigsins diskrimineer of iemand in die gesig wil vat nie, maar om Kilimanjaro te klim op 80 kan jou dalk bietjie meer as 'n tydjie neem en mag dalk bietjie moeiliker wees om af te merk na aftrede!
Dus het ek reeds al my "bucket list" 'n jaar of twee terug opgestel en is hy baie mooi in my klerekas opgeplak. Daar om hom te sien elke dag!!!!
Ek sien dit so : deur jou eie lysie op te stel is om elke moment van jou bestaan op aarde te maksimiseer en jou lewe ten volle te leef. Sjoe klink nogal goed of hoe?
Vir my persoonlik is dit 'n motiveering en inspereer my om absoluut daarna te streef om te doen wat ek graag wil doen, instede om te ponder oor nuttelose "goeters". Dalk skryf ek nog 'n stuk oor "nuttelose goeters" ook, want ai tog, so baie van ons kan toelaat dat nuttelose goeters ons lewe oorvat en lets face it, ons almal laat dit toe, of dit nou wetend is of onwetend.
Nou ja, laat ek my "bucket list" met julle deel, moet net nie dink die lys gaan so bly nie, want elke nou en dan dink ek aan iets anders wat ek nog graag sal wil doen. O, ja ook 'n "bucket list" hoef regtig "sky in die pie" dinge te wees nie. Dit mag maar heel gewone dinge wat ander al telkemale gedoen het en normaal mag vind insluit. Al advies wat ek het is dat probeer tog maar om regtige kief goed uit te sluit soos om die vingerklip in Namibië af te neem, jy kan dit seker maar opsit maar die kanse is groot dat jy vir die res van jou lewe geweldig onvervuld gaan wees, want sien die vingerklip het al reeds op 7 Desember 1988 omgeval. So wat help dit nou om iets te gaan opsit wat net nie meer moontlik is nie.
Nou ja, hier is my lysie net soos ek hom die eerste keer neer gepen het, ek voeg net my "ticks" van wat ek al kon doen hierby :

If you really want to do
something you will find a way. If you don’t you will find an excuse!!!!
1. 40st Verjaarsdag te
vier saam my gesin op Mauritius. Done, was dit nou vir jou lekker, oee en van daaraf kan ons nie wegbly nie en het die eiland al 3 keer besoek. ( ek het reeds weer vir my en my 2 sussies 'n "bonding trippie" na die eiland gebook vir Oktober.) dit gaan 'n lekker sukkie skryf werk afgee.
2. Om saam met dolfyne te swem. Done and dusted was absoluut fantasties. Gedoen terwyl ons vakansie gehou het op die eiland Zanzibar. Dis was natuurlik nie die laaste keer nie en gaan ek dit weer doen.
3. Wilmari se troue te reel. Gelukkig het ek dit nog nie gereel nie die kind is net 15 jaar oud, maar dit bly op my lys.
4. Vakansie in Italië. Done - daar is net te veel wat amazing was op die trip om dit in baie kort hier te deel.
5. Vakansie in Spanje. Done - dieselfde as bo, al wat ek kan sê is amazing.
6. Om ‘n Marlyn te vang in die diepsee. Ai en het ek nou al probeer, het al 'n Dolradu en "baba" Tuna gevang maar daai Marlyn bly my ontglip. Kan nie wag om hierdie een af te tick nie.
7. Om in die Eifeltoring te sit. Done - en ja, daar sit ons toe en geniet die mees romantiese ete net die twee van ons, dis nou ek en "pappa" en kyk uit oor die hele Parys met die slegste wyn wat ek nog geproe het, nie dat ek 'n wyn drinker is nie, maar oeee heng 'n storie vir 'n ander tyd.
8. Fiets toer deur Frankryk. Hierdie een kan nie moeilik wees nie, ek is reg vir dit maar "pappa" is moeilik om te oortuig, so dalk doen ek dit so op my eie.
9. ‘n Boek skryf oor alles en nog meer in my kop. Die blog is 'n begin.
10. Skydiving. Ek het so gevoel die een is nie te ver weg nie.
Nou dat ek weer so deur die lysie gaan besef ek "magtag maar ek het al 'n paar dinge op die lysie gedoen" tyd om hom bietjie aan te vul, want sien ek is nog vol energie en daar is nog soveel wat ek wil doen voor ek die emmer skop en hopenlik doen "pappa" dit saam met my. My "bucket list" mag dalk vir van julle nie so wonderlik lyk soos van die lysies wat julle al gesien het nie, maar dit maak glad nie saak nie. Want dis myne en ek doen wat ek wil, soveel ek wil en vir solank ek wil.
Ek los julle met die volgende : "Every man dies - Not every man really lives." William Roos
"The only people who fear death are those with regrets." - Unkown
Lekker iets om te lees! Ek luv dit!!! Het sommer nou net besluit om my "Bucket List" ook op te stel!
AntwoordVee uitDis voel soos n bevryding as hy daar in jou kas hang en jy kan begin afmerk!!!
AntwoordVee uitOulik...lyk my ek sal maar moet saam gaan op die fietstoer-ding.
AntwoordVee uitNet so papa, net so!
Vee uit