Die "Selfie"


Een van pappa se groot liefdes in sy lewe is fotografie. Kyk hy geniet fotos.  Sy idee van 'n ideale vakansie is om na mooi plekke te gaan waar daar allerhande pragtige foto geleenthede is. Daar sal hy ure sit om die tonele op te gaar by die duisende. Dis asof hy oral stukkies van die natuur optel en in sy kamersak wegpak. Jy sal hom nie kry om verby 'n mooi boom of blom, of selfs 'n insek te stap sonder om vas te hak nie.  So van fotos ken ek, nou nie die tegniese gedeelte nie, nie soos pappa nie,  maar kom ons sê maar ek kan ‘n “mooi” foto van ‘n “lelike” onderskei. Want pappa maak seker ek kyk met belangstelling na elkeen wat hy vasvang.
Laat ek by my eintlike punt uitkom, dit gaan oor die woord “selfie” en wat dit nou eintlik beteken. Wat vir ‘n ding is ‘n selfie?  Vra ek my dogter nou die ander dag nadat ek nou al ‘n paar keer gehoor het die hormoon hoë tieners praat van selfies.

“ Wat bedoel ma, wat is ‘n selfie?” vra sy my nou met ‘n heel verontwaardige kyk in haar oë? Daai kyk wat vir my wil sê “is ma nou ernstig?” “ Wat verstaan jy nie van my vraag nie?” wil ek toe heel opgeruk van haar weet. “Dis mos nou nie asof dit ‘n moeilke vraag is nie, sê my net wat is ‘n selfie waarvan julle praat?” (Ek moet sê daar was ‘n oomblik wat ek nogal ‘n beklemming om my hart gevoel het want dalk is dit ‘n woord van "iets" wat nie vir ons “groot” of “ou mense” bedoel is nie.) Gelukkig was my beklemming verniet  want so verduidelik sy my toe dat dit ‘n foto van jouself is wat deur jouself geneem is…….. En ja dit is gelukkig normaalweg net van jou gesig of kop en skouers.
Dit is nou al so populer dat in 2013 word die woord "selfie" in verskeie woordeboeke opgeneem, onder andere:

  • Van Dale Groot woordenboek van de Nederlandse taal[ en
  • Oxford English Dictionary

(Dankie aan Wikipedia vir die inligting.)

Dis tog nie dat ek nie al sulke fotos gesien het nie, ek meen dis nie asof hierdie “selfie” ding nou maar onlangs kop uitgesteek het nie. Ek het al horde  fotos van bekendes met sulke uitgestrekte arms gesien wat hulle dan die kuber ruimte instuur. Dis net dat die woord vir my vreemd was. “Selfie” - “Selfie” dit het my laat dink aan iets wat jy aan jou kan smeer soos ‘n salfie!
So kom ek toe agter dat “selfies”  nogal 'n tipe van “rage” is wat onder die tieners begin het. Dis dan seker ook nie verrassend nie, dat baie van ons ouer gardes dalk ‘n bietjie bekommerd kan wees oor hierdie self-obsessiewe, narcissus tendens van ons bloeitjies?

Nou wonder ons of “selfies” sleg is vir hulle
Ek dink dat selfs die grotmens wat vuur ondek het gewonder het of dit sleg is. Om nou deel te wees van die wat hierdie tendens sleg noem dink ek wys net ons onvermoë om verandering te hanteer. In teenstelling met die jongklomp wat baie meer spontane interaksie en verbinding met die wêreld het. Hulle het 'n ander perspektief oor hul omgewing. Hulle verstaan die krag van die digitale kommunikasie, en maak staat op hulle netwerk vaardighede om voor te kom in die lewe.
Anyway dit het my laat besluit om so bietjie te gaan navors en so  kom ek af op n berig op Maroela waar ek lees dat die woord vir die eerste keer in 2002 in Australië gebruik is. Nog ‘n pot mis sit oomblik vir my,  want nie in Amerika of Engeland soos ek verwag het nie. ʼn Deelnemer aan ʼn internetforum het ná ʼn besope ongeluk op ʼn stel trappe ʼn selfportret opgelaai. “Ek het ʼn gat deur my onderste lip,” het die persoon geskryf. “En jammer oor die fokus, dit was ʼn “selfie”.
Dis ook nie net vir neem nie, daar is natuurlik ook die  “poses”,  dis ‘n gepruil van die  mond en ‘n getuit van die lippe al te snaaks. Dis eintlik meer snaaks as jy sit en kyk hoe iemand ‘n selfie neem, want ai tog om jouself so te strek met die koppie die kant toe en daai kant toe lyk te aardig.

So berig die Vanity Fair dat selfs  Prins William in 2013 die trend gevolg het en ‘n selfie saam met ‘n aanhanger by ‘n kerk in Sandringham geneem het. Nou kyk hy mag ‘n prins wees maar magtag daar is darem baie meer, hoe sal ek sê, “iets” vir die oog mans om te wil sien as hy. Wat my aan betref kon hy maar die selfie ge-“skip” het.
Tot pres. Barack Obama van Amerika het 'n selfie van hom, David Cameron, die Britse premier, en Helle Thorning-Schmidt, Deense premier, by die roudiens van oudpres. Nelson Mandela in die FNB-stadion in JHB geneem. Ek sal skat dat die selfie die "magtigste" selfie tot nog toe kan wees, want die foto is heinde en ver gepubliseer op elke "web" van die internet en dan nog in elke koerant en tydskrif.
Nou ja, nou weet ek wat 'n selfie is en moet eerlik wees, dis nou nie heeltemal "my cup of tea" nie, maar is darem ook nie bekommerd dat dit sleg is vir ons tieners nie, so ek gaan ook nou nie een op hierdie blog sit nie.
Ek sluit af met 'n heel gepaste "quote"  (dink ek)van Marlin Monroe :
“Imperfection is beauty, madness is genius and it's better to be absolutely ridiculous than absolutely boring.”

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Brief aan Pa

'n Bucket List

Ek stel myself voor