Ek stel myself voor


Ek wil  net dankie sê dat jy gekliek het tot hier. Aangename kennis, ek is Wilhelmina Magdalena van der Walt.  Dit is bietjie formeel en dis regtig nie my doel met die blad nie. Dis nie dat ek regtig skaam kry vir my naam nie, of dalk is dit, maar vriende en familie noem my sommer Wilma of Willa, Willies of soos die familie aan my ma se kant Mienkie. Vir die blog bly ons sommer by Wilma.

Dit is vir my 'n lekker en 'n eer om vandag dan nou my eerste post te maak.
Kom ek val sommer met die deur in die huis. Wees gewaasrsku, hierdie blog mag letterkundiges na hulle asems laat snak want 'n taalkundige is ek nie en ek hou daarvan om dinge te sê soos ek dit sien of beleef of wat ook al.
 
So nou wonder julle hoekom ek wat Wilma is nou my eie "spoeg" blog begin het?
 
Dis nou nie dat ek 'n huisvroutjie by die huis is met niks om te doen nie. (Nou insinueer ek ook nie dat alle huisvrouens niks het om te doen nie, glo my ek dink daar is meer voltydse werkende vrouens wat minder doen by die werk as wat huisvrouens by die huis doen.)
 
Die eintlike rede is dat ek nie altyd so goed slaap nie en gewoonlik so van 3 uur in die oggend begin ek dink aan allerande dinge wat ek oor kan skryf. Dan begin ek dit maar skryf in my gedagtes, want sien pappa hier langs my hou nie daarvan dat ek te veel rondrol nie, wat nog van die lig aanskakel. 
 
Nou ja toe besluit ek hoekom nie my eie blog begin nie. Dan kan ek wanneer die slaaploosheid my tref voor die rekenaar inskuif en sommer net dinge skryf! Dinge waaraan ek dink of dinge wat my laat dink!
 
Wees gewaarsku ek gaan my frustrasies sekerlik ook uitspel en mag dalk redelik ongeskik voorkom maar nou ja dis hoekom dit my blog is. Sodat ek kan "spoeg" soos ek wil.

Oe ek kan nie wag om te begin met alles en nog meer nie, dit gaan omtrent 'n belewenis wees!
Tot weersiens, nou gaan ek rus tot die slaaploosheid my tref  (mag dalk eers oor 'n paar dae wees) dan kuier ek weer!

Groete

Wilma 
 
     

Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Brief aan Pa

'n Bucket List