Seisoene
Ek het besluit om so kort stukkie oor seisoene te blog aangesien daar min dinge in ons lewe is wat so 'n invloed op ons dag-tot-dag bestaan het soos die weer. Dink bietjie aan die mate van energie waarmee jy take benader en afhandel op 'n winters dag vs. 'n heerlike somers dag. Wat ook al jou geval is ek is seker daar is 'n daadwerklike verskil in jou entoesiasme. Ek weet almal praat altyd van watse tipe “seisoen”-mens hulle is!!!! Ek is 'n soooooo ‘n somers mens en my man weer soooooo 'n winters outjie. Dit gaan natuurlik my verstand totaal en al te bowe hoe enige mens 'n winter mens kan wees maar dis net ek. Ek kan maar net vermoed dit het iets te doen met ‘n belofte van ‘n paar goeie bottels rooi wyn of so iets. Nou ja, seker omdat ek ook 'n oggend mens is, is dit die dat winter my nie aanstaan nie. Donker opstaan, bibber na die stort, donker uit die huis, donker na die werk en dan eventueel weer donker by die huis aankom. ...