VAKANSIE
Toe ek klein was kon ekke eenvoudig net nie wag vir ons jaarlikse vakansie nie. Wat ‘n lekker uitsien was dit darem nie. See toe. Jinne ek onthou hoe ver ons moes ry en hoe lank dit ons gevat het maar ook my pa wat altyd ‘n geldjie belowe aan die een wat die see eerste sien. Dan het ons 3 sussies natuurlik al van net anderkant Oranjeville begin see sien. Wel, ek moet nou eerlik wees, weinig het vir my verander, want ek is steeds mal oor vakansie (ek wonder of daar iemand is wat nie daarvan hou nie) en ek sien steeds elke jaar daarna uit. Enige vakansie! Ek sien letterlik die hele jaar uit na ‘n lang verwagte wegbreek vakansie. Ek is so dankbaar dat ek so bevoorreg kan wees om steeds vakansie te gaan hou en dit op eksotiese plekke (natuurlik verskil eksoties seker van persoon tot persoon). Ek persoonlik sien amper elke plek wat ek al besoek het as eksoties. (eksoties, dis dalk n “topic” vir ‘n ander keer). Ek kon as kind eenvoudig nie wag om in di...