Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2014

Predatoor / Bullebak / Boelies

Vir die van julle wat dalk nie weet wat ‘n predatoor is nie, dis ‘n roofdier. In ons samelewing het ons ook maar onder ons eie spesie homo-sapiens twee been predatore! Hulle loop orals in ons skole. Volgende keer as jy weer by ‘n skool byeenkoms sit dan kyk jy bietjie met ander oë om jou rond,   dalk sien jy daai een wat sommer openlik bekend is as die boelie. (En nogal trots is daarop ) Dalk het jou kind al deurgeloop of dalk loop hy/sy steeds deur maar hou hulle fyn dop dis nogal scary. Dit is regtig gepas om hulle predatore te noem, want kyk hulle is mal daaroor om op ander “jag” te maak. En nie net sommer op enige ander nie, nee hulle soek juis daai uit wat weerloos is of dalk nie so sterk staan nie. Dis erg om daaraan te dink, maar dat boelies in ons skole so werklik soos die griepvirus is kan ons nie ontken nie, ons kan die naam net na boelievirus verander. Maak jy die koerant oop is daar 'n artikel van 'n kind wat of geslaan, geskop, gekrap of self gedood is. Magtag...

Die "Selfie"

Een van pappa se groot liefdes in sy lewe is fotografie. Kyk hy geniet fotos.   Sy idee van 'n ideale vakansie is om na mooi plekke te gaan waar daar allerhande pragtige foto geleenthede is. Daar sal hy ure sit om die tonele op te gaar by die duisende. Dis asof hy oral stukkies van die natuur optel en in sy kamersak wegpak. Jy sal hom nie kry om verby 'n mooi boom of blom, of selfs 'n insek te stap sonder om vas te hak nie.   So van fotos ken ek, nou nie die tegniese gedeelte nie, nie soos pappa nie,   maar kom ons sê maar ek kan ‘n “mooi” foto van ‘n “lelike” onderskei. Want pappa maak seker ek kyk met belangstelling na elkeen wat hy vasvang. Laat ek by my eintlike punt uitkom, dit gaan oor die woord “selfie” en wat dit nou eintlik beteken. Wat vir ‘n ding is ‘n selfie?   Vra ek my dogter nou die ander dag nadat ek nou al ‘n paar keer gehoor het die hormoon hoë tieners praat van selfies. “ Wat bedoel ma, wat is ‘n selfie?” vra sy my nou met ‘n heel verontwa...

'n Bucket List

Nou lê ek vanoggend van 3 uur af en dink wat sal 'n mens nou 'n "bucket list" in Afrikaans noem. Wel die naaste wat ek kan dink is "emmer lys." So staan ek toe maar op en kom google dit en ja wragies lyk vir my dit is wat die meeste afrikaanse mense dit noem 'n emmer lysie. Maar ek hou meer van "bucket list" so ek gaan praat van 'n "bucket list". Het julle al daaraan gedink? Nie aan die afrikaanse woord nie, maar aan 'n "bucket list" ? Miskien is dit nie iets wat almal aan dink nie of was die term nie alom bekend nie, maar nadat die fliek "The bucket list" met Morgan Freeman en Jack Nickolson uitgekom het was daar maar min mense wat nie geweet het wat 'n bucket list is nie. Nou ja, vir die wat dalk nie weet nie, ek twyfel of daar is, maar ek wil dit anyway neerpen, dit is 'n lys van aktiwiteite wat jy wil doen voor jy die emmer skop, m.a.w  voor jy doodgaan. Laat ek nou vir julle goeie advi...

Ek stel myself voor

Ek wil  net dankie sê dat jy gekliek het tot hier. Aangename kennis, ek is Wilhelmina Magdalena van der Walt.  Dit is bietjie formeel en dis regtig nie my doel met die blad nie. Dis nie dat ek regtig skaam kry vir my naam nie, of dalk is dit, maar vriende en familie noem my sommer Wilma of Willa, Willies of soos die familie aan my ma se kant Mienkie. Vir die blog bly ons sommer by Wilma. Dit is vir my 'n lekker en 'n eer om vandag dan nou my eerste post te maak. Kom ek val sommer met die deur in die huis. Wees gewaasrsku, hierdie blog mag letterkundiges na hulle asems laat snak want 'n taalkundige is ek nie en ek hou daarvan om dinge te sê soos ek dit sien of beleef of wat ook al.   So nou wonder julle hoekom ek wat Wilma is nou my eie "spoeg" blog begin het?   Dis nou nie dat ek 'n huisvroutjie by die huis is met niks om te doen nie. (Nou insinueer ek ook nie dat alle huisvrouens niks het om te doen nie,...