Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2014

Hoe praat ons Afrikaans

Hallo almal ek het lank oor die stuk wat ek vandag skryf gedink …. Afrikaans. Tog so ‘n “touchie” onderwerp. Nou ja, ek is allermins die persoon wat wil preek oor ons taal of wil kerm oor hoe diè een en daai een dit wil vertrap en hoe diè een en daai een dit wil uitsny en ek weet nie wat nog als nie. Ek wil eintlik net bietjie oor ‘n paar interessante taal dinge skryf of sal ek sê kommentaar lewer. Soos idiome. Luister bietjie volgende keer as jy in ‘n gesleskap sit of jy nog mense hoor wat idiome gebruik? Nie dat dit my pla nie, maar as ek eerlik moet wees,   ek het regtig eers weer bewus geword van ons Afrikaanse idiome die laaste paar jaar soos Wilmari graad na graad idiome moes leer in Afrikaans. Nou kom ek deel ‘n paar idiome met julle wat ek dink nie so voor die hand liggend is nie en wat ook nie idiome is wat ek ken nie, dalk doen julle.   Wie A sê, moet ook B sê. Wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou. Dit kom nie daarop aan nie. Dit maak n...