Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2014

LAG IS LEKKER!!!!

Hulle sê lag en die wêreld lag saam met jou, huil en jy huil alleen. Dit is ‘n pot sn*&^. Sorry maar regtig. Dit is duidelik deur iemand utgedink wat nie in ons huidige lewe gewoon het nie. Dis is natuurlik wonderlik om daarna te kyk deur ‘n idialis se bril, maar kyk jy om jou rond sal jy baie vinnig opmerk dat die outjie wat die gesegte uitgedink het defnitief nie aan ons huidige mensdom  gekyk het nie. Die werklikheid is so eenvoudig soos val uit 'n boom : die hele wêreld sal eerder vir jou lag as jy huil en jou aankyk of jy mal is as jy lag. Jinne maak net die koerant oop of kyk nuus. Selfs beter bars uit van die lag êrens in die openbaar en jy sal kyke kry wat jou skoon van jou lag laat afsit. Ek natuurlik moet bieg ek “love” lag, lag uit volle bors, lag dat die trane oor my wange rol, lag dat my stem wegraak en my maag seer word en ek voel 'n veer vir wie my aankyk op aangaap waar ookal. Dis om die rede dat ek ‘n humoristiese storie met julle wil deel. Ongelu...